|
Mogaba Festival
BOSVELD - AVONTUUR IN OHRIGSTADVALLEI, -
27, 28 en 29 MEI 2005
Kom verken Ohrigstad se pragtige berge,
bome, klowe, grotte, damme, sterrehemel en plase te voet, per fiets, motor,
bakkie, trekker-en-sleepwa, boot of 4x4.
Dit is die tyd van die jaar wat die Ohrigstadvallei pronk in
die herfsdrag van veral die bergsering (mogaba) en aalwyne.
Kom eet, sing, dans, kuier saam en geniet die gasvryheid van dié
plattelandse dorpie. Kom deel in die vreugde van die omgewing se
uitstekende sitrus, advokadopere, olywe, wildsvleis, pannekoek, vetkoek,
potjiekos, ens. en maak sommer dik nuwe vriende daarby!
Kom!! Veral 27, 28 en 29 Mei 2005 vir die hoogtepunte.
(Kom in elk geval, want ons is naby Pelgrimsrus, Blydepoort, Graskop, Sabie,
die Krugerwildtuin en ander wonderlike plekke.)
Kontakpersone: Toekie Doyer 013 238 0260
Lenie Cross: 082 851 3079
WAT WORD ALLES AANGEBIED?
STAPROETES
Kom stap gratis ......
-
Om die veld te geniet en te verken
-
Om die bome te leer ken of te herken (bome deur kenners genommer; of
gidse wat saamstap)
-
Om jou voëlkykershart te verbly
-
Om (uiteindelik) varslug in te asem
VERSKEIE 4X4 ROETES
Sommige moeiliker,
ander makliker,
sommige korter,
ander weer langer,
maar die een wil mooier as die ander!
(Spesiale afslag: R50.00 - R100.00 per voertuig afhangende van die
roete)
FIETSE
-
Padfietsers: 'n Pretrit van ongeveer 100km (nie 'n georganiseerde rit
nie, slegs oefenrit, gratis)
-
Bergfietsers: Pretrit-resies, ongeveer 20 km, pryse en medaljes, R20.00
pp, R10.00 kinders o.12
-
Vierwielmotorfietsers: Nie 'n wedren nie, spesiale roete in natuur,
R30.00 pp
-
Alle 4x4 roetes ook toeganklik vir vierwielmotorfietse
ANDER AKTIWITEITE
-
5km pretstap, R10.00 pp
-
10km pretdraf, R20.00 pp
-
SKATTEJAG!! vir die kinders, R5.00 pp
-
SKATTEJAG!! vir die familie, ry-soek-dink, R50.00
-
Skyfskiet, kettieskiet, ens.
TREKKER-EN-SLEEPWA
Die wat nie wil stap, trap of vreeslik jaag, nét sit - kom klim op die
wa, die Groot Trekker Voor-Trekker wa en word vervoer op 'n wonderbaarlike
toer. Begeleiding deur gids, tradisionele "Voortrekker"
-verversings.
R30.00 pp, R15.00 kinders 0.12 (ongeveer 2 ure; tye 10:00, 15:00)
BOOTRIT
Die beste manier om die kranse, klowe, water en bome van die Blydepoortdam
te ervaar, is op 'n onvergeetlike 1 ½ uur-lange bootrit - begeleiding deur
'n toergids. Leer van die geskiedenis, geografie, plante, seekoeie,
krokodille, visarende ens.
R100.00 pp, R60.00 kinders 2 - 8 jaar, piekniekmandjie ingesluit.
Laat 4 ure toe vanaf Ohrigstad na Swadini, bootrit en weer terug.
Boottye: 09:00, 11:00, 15:00.
Besprekings noodsaaklik: Kontak Toekie Doyer: 013 238 0260
EGGO-GROTTE
R30.00 pp, R15.00 kinders o.12
DIE NAGHEMEL
Louis Barendse van RSG-faam kom vertel en wys meer oor die sterre en
planete, meteoriete en komete (onthou jou verkyker). Braaivleisvure,
pap en sous, slaaie; kampvuursang: R50.00 pp, R25.00 kinders o.12.
Braaivleispakkies beskikbaar: R20.00 - R25.00, kontantkroeg.
Besprekings noodsaaklik: Kontak Toekie Doyer 013 238 0260 of Lenie
Cross 082 851 3079
VROLIKHEID OP NOTE
-
Vrydagaand: Boereorkes, saamsing van lekkerliedjies,
stories en geskiedenis van die kontrei, tuisgebakte potbrood en
potjiekos: R20.00 pp, R10.00 kinders o.12, kontantkroeg.
Potjiekoskompetisie - skryf in by Anton, tel: 013 238 0260
-
Saterdagaand: 'n Lekker, lewendige, vrolike dans in die
Potgietersaal, ete ingesluit, R60.00 pp.
ALLERLEI
-
Kosstalletjies - pannekoek, vetkoeke, ens.
-
Tuisprodukte te kies en te keur
-
Besigtiging van plase (sitrus, wild, buffelprojek, ens.), pakhuise en
melkery
-
Wildritte op groot wildsplase
-
Velerlei panorama-roetes
-
Uiters interessante geskiedenis uit Voortrekker, Boere-oorlog en ander
tydperke
-
Inheemse bome en plante te koop
-
Pragtige kunswerke
-
Unieke meubels van plaaslike "meubelkunstenaar"
DANKBAARHEID
Sondagoggend, vroeg - vroeg, dank en eer ons die Here tydens 'n spesiale
opelug erediens vir die wonderlike skepping waaraan ons kan deel hê.
HOE KOM EK DAAR?
Ohrigstad is geleë in die Mpumulanga provinsie in 'n skilderagtige vallei.
Die dorp is geleë op pad tussen Lydenburg en Hoedspruit, ongeveer 350
kilometers vanaf Pretoria.
AKKOMODASIE
(Spesiale afslag - noem dat jy vir die Mogaba Bosveld - Avontuur
bespreek)
KAMPERING:
-
Netjiese karavaanpark op die laerskoolterrein (R25.00 pp per nag):
Tel: 013 238 0020
-
Kamp in die natuur, basiese geriewe soos water, toilette en storte, eie
tente, Tel: 013 238 0260
-
Jagterskampe en permanente tente op jagplase, Tel: 013 238 0260
CHALETS EN SELFSORG
-
Lalalanga Chalets, selfsorg vanaf R135.00 per nag vir persone wat deel
(minimum twee nagte). Tel: 082 442 8397
-
Die Skoen/Mogaba (± 17 km buite), vanaf R100.00 pp per nag, R50.00
kinders o.10. Tel: 013 238 0304
-
Rowerspas Plaasakkomodasie (± 25 km buite), Tel: 013 238 0415
-
Eggo grotte (± 26 km buite), vanaf R150.00 pp per nag, besoek aan die
grotte ingesluit, kinders o.12 bly gratis. Tel: 013 238 0015
-
Helmon's Place, Tel: 013 238 0295
MEER LUUKSE VERBLYF
-
Hannah Lodge (± 15 km buite), vanaf R300.00 pp per nag (minimum twee
nagte). Tel: 013 238 8100
-
Inn on Robber's Pass (± 35 km buite), vanaf R300.00 pp per nag, ontbyt
ingesluit. Tel: 013 768 1491
-
Ruurd's Lodge (± 16 km buite), vanaf R175.00 pp per nag vir persone wat
deel, ontbyt en aandete ingesluit. Tel: 013 238 0307
-
Iketla Lodge (± 12 km buite). Tel: 013 238 0190
-
Aventura Blydepoort (± 50 km buite). Tel: 013 769 8005
-
Bietjie verder weg: vakansie-oorde en dorpe soos Pelgrims, Graskop,
Sabie, Lydenburg, Blydepoort, ens.
SPESIALE ALTERNATIEWE AKKOMODASIE AANBIEDING
Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom!!
Kontakpersone: Toekie Doyer 013 238 0260
Lenie Cross: 082 851 3079
Die avontuur-naweek word georganiseer deur die NG Kerk Ohrigstad en die
Laerskool Ohrigstad
|