You are here:Home»News & Views»Local»‘ANC bring toilette, want dis tyd vir stem’

‘ANC bring toilette, want dis tyd vir stem’

“Die ANC wil ons stemme met toilette koop!”

Só het me. Maria Makgalemele (31), ’n enkelma van twee, gister in die Sicelo Shiceka-plakkerskamp in Midvaal uitgeroep. “Die ANC het net toilette gebring omdat dit tyd is om te stem,” het sy gesê toe Beeld dié gebied, wat val in wyk 8, ’n ANC-wyk, besoek het.

Die provinsiale regering het verlede week nadat die oop-toiletsaga van Viljoenskroon aan die lig gekom het, begin om deur die provinsiale regering sowat 1 000 toilette in Sicelo, soos dit deur inwoners genoem word, af te lewer. Gister het ’n paar inwoners breed geglimlag toe nog sowat 300 afgelewer is. Ander sê hoewel hulle dankbaar is oor die toilette, dit ’n “stemwerwingstrategie” kan wees.

Makgamele het gesê dit sal g’n verskil aan haar keuse op stemdag maak nie. “Dinge word al hoe erger in Sicelo. Ons het nie water of kragtoevoer nie. Ons wag al jare vir Hop-huise.”

Mnr. Tefo Khoali (41) het gesê die ANC het intussen ’n projek om Hop-huise op ’n stuk grond wat die munisipaliteit langs dié nedersetting verskaf het, stopgesit.

“Dis die eerste keer in die 13 jaar van Sicelo se bestaan dat ons toilette kry, nou voor die verkiesing. Ons gaan môre (vandag) DA stem.”

Die 74-jarige mnr. Joseph Ntimkulu sê hy is dankbaar omdat hy het uiteindelik ’n toilet. “Ons moes ons ding in die bos gaan doen. Ons het niks behalwe wat ons kan maak hier nie. Ons moet maar gelukkig wees met wat ons het.”

Ook mnr. Thabo Kopo (36), nog ’n inwoner, dink die ANC doen “steeds goeie werk”.

“Op die ou end is die DA in beheer van die munisipaliteit, so hy is verantwoordelik. Ons het die toilette nodig gehad en die ANC het dit verskaf. Ons bly ANC-lojaliste.”

Vir me. Maria Dlamini (33) maak die toilette geen verskil nie. Soos baie ander voel sy “vasgevang” in haar omstandighede, maar “toilet of g’n toilet nie, ek sal vir die beste party stem”.

More in this category: « Stryd van 3 Metro's

Add new comment


fingerprint2
iketla
jafm

Access

Events

May 2012
S M T W T F S
29 30 1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18 19
20 21 22 23 24 25 26
27 28 29 30 31 1 2

Random Classifieds

 1  For Sale
 2  For Sale
 3  For Sale
 4  Jeep Patriot
 5  Accommodation Special
yourad

CB PB Latest

  • Webmaster International added a new guestbook entry to - 24/05/11

Polls

What do you like most on the site?
 

Classifieds

hannah
fingerprint
usemozilla

Who's Online

We have 86 guests online
earth3Free business listing! Online advertorials, marketing, promotions, banners, newsletters and more services available.
Read more...
directory-icon

Add your business listing for free when you register. Or browse the directory for what you are looking for?
List my business...

classifieds-300x183Are you buying or selling something? Add your classifieds for free in a multitude of categories with pictures maps and details.

Add now...